Ankergooi Boek Direk en Spaar

Ankergooi Boek Direk en Spaar


Selfsorg/Bed en Ontbyt vakansie-akkommodasie in die vreedsame stranddorpie Stilbaai op die Tuinroete in die Wes-Kaap. Hierdie gerieflike vakansieverhuring is binne stapafstand van die Goukourivier, die jetty, die see, winkels en so ook eetplekke. Dit word deur Stilbaai Toerisme as een van die top verblyffasiliteite in Stilbaai beskou. Ankergooi Boek Direk en Spaar.


Akkommodasie by Ankergooi


Hierdie selfsorg vakansieverblyf bestaan uit ‘n 4 slaapkamer huis en so ook ‘n woonstel.

Die verblyfplek kan soos volg verdeel word:


Eenheid 1 – 2 slaapkamers met ‘n dubbel bed en 2 enkelbeddens met ‘n gedeelde badkamer. So ook ‘n aparte toilet, volledig toegeruste kombuis en stoep met braai fasiliteite.


Eenheid 2 – Kamer 3 (slegs die kamer) in die huis met ‘n dubbelbed en en-suite badkamer. So ook ‘n haardroër, TV, kroeg yskassie, koffiemaak fasiliteite en gratis Wi-Fi.


Eenheid 3 – Kamer 4 (slegs die kamer) ook in die huis met ‘n koningsgrootte bed of tweelingbeddens en en-suite badkamer met slegs ‘n stort. So ook ‘n haardroër, TV, klein kombuisie, buite dek, gratis Wi-Fi asook ‘n onderdak braai-area.


Eenheid 4 – Sand Anker – Woonstel met 2 slaapkamers, een met ‘n dubbel bed en die ander met ‘n stapelbed. Hulle deel ‘n groot badkamer met ‘n bad en stort. So ook ‘n volledig toegeruste selfsorg kombuis met yskas, 2-plaat stoof, mikrogolf, ketel en broodrooster asook onderdak braai-area en gratis Wi-Fi.


Langs hierdie huis is Serenity, wat ook aan dieselfde persone behoort. Vir groter groepe mense (tot 18 persone) kan die hek tussen die twee huise oopgemaak word sodat dit een kuierplek kan vorm.


Fasiliteite by Ankergooi

  • Die huis het ‘n volledig toegeruste kombuis vir selfsorg met self ‘n wasmasjien en skottelgoedwasser.
  • So ook word beddegoed ingesluit maar bring asb. jou eie handdoeke.
  • Geen rook binneshuis.
  • Gratis Wi-Fi.
  • DSTV – bring jou eie dekodeerder en slimkaart.
  • Maaltye kan op versoek voorsien word.
  • So ook kan pendeldiens gereël word.
  • Geen troeteldiere asb.
  •  Veilige parkering op die perseel.


Aktiwiteite in en om Stilbaai

  • Daar is iets vir elke belangstelling, soos voëlkyk, stap, swem, branderplankry, seilplankry en roei. So ook visvang in die rivier, van die rotse af en ook op die diepsee.
  • Daar is besienswaardighede soos die ou visvywers, skulp-ashope asook die daaglikse voer van die palings en die Tuin-op-die-Brak.
  •  Om van al die inkopiegeleenthede en eetplekke nie eens te praat nie!
  • So is daar ook dokters, tandartse, veeartse, apteke en nooddienste soos die NSRI beskikbaar.

Kansellasiebeleid
3 maande voor die datum: 90% van die deposito terugbetaalbaar.
1 maand voor die datum: 50% van die deposito terugbetaalbaar
2 weke voor die datum: 0% van die deposito  terugbetaalbaar
1 week voor die datum: 0% van die deposito terugbetaalbaar