Hulle by die see – Seafood Restaurant in Stilbaai

Hulle “by die see” – Seafood Restaurant in Stilbaai

Hulle

Located on the western banks of the Goukou River, Hulle “by die see” offers a combination of luxury and comfort, along with delectable seafood. Visit this family seafood restaurant for a sensational seafood experience.

The original restaurant next to the amphitheatre has been skilfully revamped and enlarged, changing it into a modern establishment, stylishly decorated in Mediterranean style. The creative utilisation of soft neutral colours, in conjunction with identical tables, matching chairs and interesting lampshades, fosters an uncluttered appearance.

Still Bay is a very popular holiday destination, especially for water sport fans. On the banks of the Goukou River in the Hessequa area along the Western Cape Garden Route.

Business Hours

Wednesday – Saturday: 12:00 – 20:00

Sunday: 08:00 – 14:00

“Hulle” Food

Diners visiting Hulle “by die see” seafood restaurant are in for a delightful treat.

To start with, you can choose your all-time favourite from the variety of delicious seafood and non-seafood tapas (Spanish for appetiser or snack).

Furthermore they offer a variety of mouth-watering seafood dishes prepared according to “Hulle” own secret recipes. Dishes include seafood items such as seafood pasta, hake, calamari, mussels and salmon, as well as a non-seafood dish.

They have not forgotten about the kids – the little people can choose from a number of dishes on the kids’ menu.

Beverages

A wide variety of beverages are also available, something to cater for every person’s taste. They offer a fair choice of cold beverages, as well as hot beverages. Being fully licensed, diners can, of course enjoy some wine, beer or other alcoholic drinks of their choice.

Bring the family and friends and experience the taste of the sea still lingering in “Hulle” exquisitely prepared seafood dishes.

Facilities at Hulle “by die see”

  • Barista Corner
  • Fully licensed
  • Free Wi-Fi
  • Bookings out of season only
  • Payment by card only
  • Clean restrooms
  • Wheelchair friendly
  • Free parking
  • Indoor, as well as outdoor seating
  • View of the Goukou River
  • Play area for kids – jungle gyms, slides, swings, etc.

Hulle se Kiosk

The Kiosk is located outside along the northern side of the building and operates independent from the restaurant. The sales window is adorned with a neat wooden deck, some pot plants and a blackboard advertising items off the menu. A number of picnic tables are scattered around for your convenience.

Typical items you can buy from the Kiosk are soft serve ice-cream, slush puppy, cool drink and coffee. Also light meals, such as chicken mayo bagels, chicken wraps, cinnabuns, plain croissants, and more.

Perfectly situated for individuals and families enjoying the activities the Goukou River offers, like rowing, swimming, hiking, braaiing or relaxing in any which way they like. Grab a yummy ice-cream and cool drink, or go for a light lunch. Convenient and lekker.

Kiosk Business Hours

Note that the Kiosk’s business hours slightly differ from those of the restaurant:

Tuesday – Saturday: 08:00 – 16:00

Sunday: 08:00 – 14:00

Hulle “by die see” – Seekos Restaurant in Stilbaai

Die restaurant, Hulle “by die see”, is geleë op die westelike oewer van die Goukourivier en bied ‘n kombinasie van luuksheid en gemak, tesame met smaaklike seekos. Besoek hierdie familie restaurant vir ‘n sensasionele seekoservaring.

Die oorspronklike restaurant langs die amfiteater is pragtig herskep en vergroot en stylvol gedekoreer in Mediterreense styl. Die gebruik van sagte, neutrale kleure, identiese tafels, bypassende stoele en interessante lampskerms, skep ‘n gevoel van ruimte en orde.

Stilbaai is ‘n baie gewilde vakansiebestemming, veral vir watersportliefhebbers. Langs beide oewers van die Goukourivier in die Hessequa-gebied op die Wes-Kaapse Tuinroete.

Besigheidsure

Woensdag – Saterdag: 12:00 – 20:00

Sondag: 08: 00 – 14:00

“Hulle” Kos

Besoekers aan Hulle “by die see” seekos restaurant is in vir ‘n verruklike tyd.

Vir ‘n begin kan jy kies uit ‘n verskeidenheid smaaklike seekos- en nieseekos tapas (Spaans vir aptytwekker of peuselhappie).

Verder bied hulle ‘n verskeidenheid watertand seekos geregte wat voorberei word volgens “Hulle” resepte. Disse sluit seekositems soos seekospasta, stokvis, calamari, mossels en salm in. Ook ‘n dis wat nie seekos is nie.

“Hulle” het nie vergeet van die kleintjies nie – die spyskaart sluit ook disse spesiaal vir hulle in.

Drinkgoed

‘n Wye verskeidenheid drinkgoed is ook beskikbaar om in elke smaak en voorkeur te voorsien. Daar is ‘n gawe verskeidenheid koue, en so ook warm drinkgoed. As ‘n gelisensieërde restaurant, kan eters natuurlik ook alkoholiese drankies, soos wyn, bier of ander drankies geniet.

So, bring die familie en vriende en proe die smaak van die see wat steeds in “Hulle” keurig voorbereide seekosdisse talm.

Fasiliteite

  • Baristahoekie
  • Ten volle gelisensieer
  • Besprekings slegs buite seisoen
  • Gratis Wi-Fi
  • Slegs kaartbetalings
  • Skoon ruskamers
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis parkering
  • Sitplek binne en buite
  • Uitsig oor die Goukourivier
  • Speelplek vir kinders – klimrame, swaaie, glyplanke, en so meer

Hulle se Kiosk

Die Kiosk is buite aan die noordelike sykant van die restaurant en opereer apart van die restaurant. Daar is ‘n netjiese houtdek en potplante by die verkoopsluik. Op ‘n swartbord word items op die spyskaart vertoon. Daar is ook ‘n aantal piekniektafels vir jou gerief.

Tipiese items wat jy by die Kiosk kan koop is draairoomys (horinkies/bakkies), koffie, koeldrank en slush puppy. Ook ligte maaltye, soos hoendermayobolletjies, hoenderwraps, croissants, cinnabuns, en so meer.

Die Kiosk is ideaal geleë vir individue en gesinne wat aktiwiteite langs die rivier geniet, soos roei, swem, stap, braai en ontspan. Gryp ‘n koue roomys of koeldrank, of gaan vir iets ligs om te eet. Gerieflik en lekker.

Kiosk Besigheidsure

Let daarop dat die Kiosk se ure ietwat verskil van dié van die restaurant:

Dinsdag – Saterdag: 08:00 – 16:00

Sondag: 08:00 – 14:00

Tjaart Prinsloo

Bookings and Enquiries.

Tel: 076 541 9867