Mizpah – Self-catering Accommodation in Jongensfontein.

 Rates: From R per night – Sleeps

Category: Self Catering

Booking Enquiry

This contact form is deactivated because you refused to accept Google reCaptcha service which is necessary to validate any messages sent by the form.

Mizpah – Self-catering Accommodation in Jongensfontein.

The location of this comfortable, spacious, friendly and welcoming holiday home for 6-13 guests couldn’t be better. Mizpah is within short walking distance from the Jongensfontein beach, the grocery store as well as the Restaurant, Drie Pikkewyne. The perfect holiday and weekend accommodation for families.

The house offers the most gorgeous view of the sea from each sea facing room. Most of which are equipped with large sliding glass doors offering access to the deck. As a result of the clever combination of natural light, white walls and even whiter furniture, the house oozes brightness and warmth and happiness.

Not to mention that there are several interior, as well as exterior braai facilities!

The incredibly pretty coastal village called Jongensfontein mostly consists of holiday homes, leaving only a handful of permanent residents. Therefore not much in the line of business is going on in town. People drive to Stilbaai some 9 km away to take care of business, get medical help, fuel, draw money, etc.

None the less, people come back to Jongensfontein every year because of its remarkable beauty, rock fishing opportunities and, of course, it being a surfer hot spot. Truly a hidden pearl in the Hessequa region in the Western Cape Garden Route.

Self-catering Accommodation at Mizpah in Jongensfontein

Mizpah consists of a 6 sleeper house, along with a 7 sleeper apartment. The property can be booked, either as a whole by one group, or as two independent units by two different groups.

House (Sleeping 6)

Bedrooms and Bathrooms

The house comes with 3 spacious and stylishly decorated bedrooms each with a double bed, reading lamps and a cupboard.

Bedroom 1 has a sliding glass door offering access to the deck. Bedroom 2 is at the back of the house, also with a sliding door offering access to the carport and courtyard. These two bedrooms share a spacious full double bathroom with a walk-in shower.

Bedroom 3 is on the other side of the kitchen/dining/lounge area and has its own (not en suite) full bathroom, also with a walk-in shower. This more private room has a lovely view of the ocean with its ever changing moods.

Open-plan Dining/Lounge/Kitchen Area

A really spacious and elegantly decorated open-plan dining, living, braaing, as well as kitchen area with various entrances. There is a sliding glass door from the front deck to the lounge, another to the dining area, and yet another from the kitchen to the courtyard. This area is undoubtedly the heart of the house, it practically begs you to relax and enjoy yourself.

The kitchen is equipped with all the necessary items for self-catering, such as a stove with oven, along with a microwave oven. Also a kettle, toaster, fridge-freezer combo, crockery, cutlery, cooking utensils, a dishwasher, etc.

Braai areas

Mizpah offers various braai opportunities to guests. If the property is booked as a whole, guests may, of course, make use of any of the braais. But if it is booked as two separate units by two independent groups, guests should come to some agreement about the courtyard facility.

The house itself has an outdoor built-in braai on the front deck, as well as an indoor built-in fireplace.

The apartment also has an indoor built-in fireplace.

Then there is the outdoor fireplace/braai in the courtyard at the back of the house which is available for both house guests and apartment guests.

Apartment (Sleeping 7)

The apartment has no less than three entrances of which two are private. One entrance is from the street side next to the garage, while the other is from the courtyard at the back to the living area. There is also an entrance from the house which can be locked/closed for privacy. The perfect place for a family holiday.

Bedrooms and Bathroom

It comes with one bedroom with a double bed, reading lamps and a cupboard. The only bathroom in the flat is this room’s en suite bathroom sporting a walk-in shower, toilet and basin. If the apartment is rented as a separate unit, all guests, of course, need to share this bathroom.

The second bedroom offers a single bed, along with a bunker bed and a wardrobe. It also has a kind of couch that can be used as a bed for a young child, if needed. This room has a sliding glass door to the balcony offering a most spectacular view of the ocean.

Open-plan Living/Dining/Kitchen Area

This lovely, warm area has two single beds where two more people can sleep, as well as a built-in fireplace/indoor braai, books, games and a table with chairs.

The kitchen is equipped with the necessary items for self-catering, such as a bar fridge as well as a fridge-freezer combo. Also a two plate stove with oven, microwave oven, kettle, toaster, crockery, cutlery, pots and pans, etc.

Step through the sliding glass door into the courtyard for a lovely outdoor come together and a braai.

Facilities

  • Bedlinen, along with other bedding
  • No towels – please bring your own
  • Hair dryer
  • Heater/fireplace
  • Fully equipped kitchen
  • No smoking indoors
  • TV – bring own decoder – discuss with owner
  • DVD player
  • Indoor, as well as outdoor braai facilities
  • Children welcome – no fencing, though
  • Laundry facilities – washing machine and iron, along with ironing board
  • Free parking on premises
  • Pets – please discuss with owner in advance
  • Payment by EFT only
  • Cleaning services can be arranged

Activities and Attractions In and Around Jongensfontein

  • Nature activities like hiking, e.g. the Noorkapper Walk along the beach all the way between Jongensfontein and Stilbaai. Also biking, bird watching, whale and dolphin watching, and more.
  • Water activities like swimming in the tidal pool, sunbathing, along with surfing and sea kayaking.
  • The Jongensfontein coastline is very rocky which, of course, makes it a fisherman’s paradise.
  • You could participate in sport activities such as tennis, as well as do some golfing at the Eden Park 9 hole golf course.
  • Not to mention driving the exiting Eden Park 4×4 Sand Route with family or friends.
  • Visit the Fonteinhuisie Museum at the swimming beach where you can learn more about the interesting history of Jongensfontein.
  • The nearby town of Stilbaai also offers lots to do and see, such as the ancient fish traps and shell middens. And, of course, numerous shopping opportunities, places to eat, medical services, hairdressers, beauticians, as well as banks and ATMs.

Mizpah – Selfsorg-Verblyf in Jongensfontein

Hierdie gerieflike, ruim, vriendelike en verwelkomende vakansiehuis vir 6-13 persone kan nie beter geleë wees nie. Mizpah is binne kort loopafstand van die Jongensfontein-strand, die algemene winkel en so ook die Restaurant, Die Drie Pikkewyne. Die perfekte vakansie- en naweekverblyf vir gesinne en families.

Die huis bied die allerpragtigste uitsig oor die see uit elke kamer aan die seekant van die huis. So, meeste het groot glas skuifdeure wat oopmaak op die dek of groot vensters. Die slim kombinasie van natuurlike lig, wit mure en selfs witter meubels, laat die huis straal van lig en warmte en vreugde.

Om nie eens te noem dat daar ‘n aantal binne- en so ook buitebraaiplekke is nie!

Die ongelooflik mooie kusdorpie, Jongensfontein, bestaan hoofsaaklik uit vakansiehuise, so, daar is slegs ‘n handjievol permanente inwoners. Daar gaan maar min aan in die lyn van besigheid, so mense kom na Stilbaai (omtrent 9km weg) vir besigheid, mediese hulp, brandstof, banksake, ens.

Nogtans kom mense jaarliks terug na Jongensfontein as gevolg van sy bekoorlike skoonheid, visvangmoontlikhede en so ook sy uitmuntende surfbranders. Waarlik a weggesteekte pêrel in die Hessequa-gebied in die Wes-Kaapse Tuinroete.

Selfsorg-Akkommodasie by Mizpah

Mizpah bestaan uit ‘n huis en ‘n woonstel wat onderskeidelik 6 gaste en 7 gaste kan huisves. Die eiendom kan as ‘n eenheid of as twee aparte eenhede gehuur word. So, een groep kan die huis én woonstel huur, of een groep kan die huis huur, en ‘n ander groep die woonstel.

Huis (Slaap 6)

Slaapkamers en Badkamers

Die huis kom met 3 ruim en stylvol gedekoreerde slaapkamers, elk met ‘n dubbelbed, leeslampies, en so ook ‘n kas.

Kamer 1 het ‘n glasskuifdeur wat toegang verleen tot die voorste dek. Kamer 2 is aan die agterkant van die huis, ook met ‘n glasskuifdeur na die motorafdak, en so ook die binnehof. Hierdie twee kamers deel ‘n ruim dubbel volbadkamer met ‘n instapstort.

Kamer 3 is aan die ander kant van die kombuis/eet-/sitgedeelte en het sy eie (nie en suite) volbadkamer, ook met ‘n instapstort. Hierdie meer private kamer het net so ‘n pragtige uitsig oor die see met sy immer wissellende buie.

Oopplan Eet-/Sit-/Kombuisarea

‘n Regtig ruim en elegant gedekoreerde oopplan eet-, leef-, braai-, en so ook kombuisarea met verskeie ingange. ‘n Glasskuifdeur vanaf die voorste dek, na die eetgedeelte, ‘n tweede na die sitgedeelte, en so ook ‘n derde skuifdeur van die kombuis na die binnehof. Hierdie area is ongetwyfeld die hart van die huis, en dit smeek jou eenvoudig om te onstpan en jouself te geniet.

Die kombuis is toegerus met die nodige selfsorg items soos ‘n stoof met oond en ‘n mikrogolfoond. Daar is ook ‘n ketel, broodrooster, yskas-vrieskaskombinasie, breekgoed, messegoed, kookware, ‘n skottelgoedwasser, en so meer.

Braaiplekke

Mizpah bied verskeie braaiopsies aan gaste. Sou die eiendom as geheel gehuur word, kan gaste natuurlik van enige braaiplek gebruik maak, so nie, moet gaste ondermekaar ooreenkom oor die gebruik van die braaifasiliteit in die binnehof.

Die huisgedeelte het ‘n ingeboude buitebraaiplek op die voorste dek, en so ook ‘n ingeboude binnebraai/kaggel.

Daar is ook ‘n ingeboude binnebraaiplek in die woonstel.

Dan is daar die buitebraaiplek in die binnehof agter die huis wat beskikbaar is vir huisgaste, en so ook woonstelgaste.

Woonstel (Slaap 7)

Die woonstel het nie minder nie as drie ingange, waarvan twee privaat is. Daar is ‘n ingang van straatkant af langs die motorhuis, en so ook een uit die binnehof agter die huis. Dan is daar ook toegang vanuit die huis, maar hierdie deur kan gesluit word vir privaatheid. Die perfekte plek dus vir ‘n gesinsvakansie.

Slaapkamers en Badkamer

Die woonstel kom met twee slaapkamers, een met ‘n dubbelbed, leeslampies en so ook ‘n kas. Die enigste badkamer in die woonstel is die en suite badkamer van hierdie kamer met ‘n instap stort, toilet en wasbak. So, as die woonstel as aparte eenheid gehuur word, moet al die gaste uiteraard hierdie badkamer deel.

Die tweede slaapvertrek het ‘n enkelbed, ‘n bunkerbed, ‘n hangkas en so ook ‘n bank waarop nog ‘n jong kind kan slaap, indien nodig. Die groot glas skuifdeur maak oop op ‘n balkon wat ‘n absoluut verruklike uitsig oor die see bied.

Oopplan Leef-/Eet-/Kombuisarea

In hierdie lieflike, gemoedelike area staan nog twee enkelbeddens waar mense kan slaap, asook ‘n kaggel/binnebraai, boeke, speletjies,’n tafel, en so meer.

Die kombuis is toegerus met die nodige items vir selfsorg soos ‘n kroeg yskassie, sowel as so ‘n yskas-vrieskas-kombinasie. Ook ‘n 2-plaat stoof met oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, breekgoed, messegoed, potte en panne, en so meer.

Stap deur die glasdeur en jy is in so ‘n lekker binnehof waar daar heerlik in die buitelug gebraai en gekuier kan word.

Fasiliteite

  • Bedlinne, en so ook ander beddegoed
  • Geen handdoeke – bring asb. jou eie
  • Haardroër
  • Verwarmer/kaggel
  • Volledig toegeruste kombuis
  • Geen rokery binnesbuis
  • TV – bring eie dekodeerder – bespreek met eienaar
  • DVD-speler
  • Binne- en so ook buitebraaifasiliteite
  • Kinders welkom, neem net in ag dat die erf nie omhein is nie
  • Wasgoedfasiliteite – wasmasjien, so ook ‘n yster en strykplank
  • Gratis parkering op die perseel
  • Troeteldiere – bespreek vooraf met die eienaar, asb.
  • Betalings slegs d.m.v. EFO
  • Skoonmaakdienste kan gereël word