Pampoen – Self-catering Accommodation in Stilbaai
Rates: From R per night – Sleeps
Category: Self Catering
Pampoen – Self-catering Accommodation in Stilbaai
Comfortable holiday or weekend accommodation for 2 to 10 persons. Pampoen (pumpkin) is situated in close proximity to various amenities such as doctors, dentists, a pharmacy, a bottle store, restaurants, and even the bowls club.
Still Bay is a very popular sea holiday destination in Hessequa in the Western Cape Garden Route in South Africa. The Goukou River runs through the town, eventually flowing into the Indian Ocean. With all the water around, Stilbaai is, of course, the dream holiday location of every water sport lover. Not to mention hiking and biking, birdwatching, whale watching, historical sites, as well as sport like golf, tennis and bowls. READ MORE
About Pampoen
As you travel along Kerk Street, be on the lookout for the cute orange pumpkin sentinels positioned at the pedestrian gate. You’ll also notice the name on the wall behind the tree with the oddly bent trunk, as well as the beautiful stonework adorning the façade.
Pampoen consists of three self-catering units that can be booked as individual units, or two units combined, or all three units together.
- Being a separate building, you can book Unit 1 (sleeping 4) on its own throughout the year.
- Since Units 2 (sleeping 2) and 3 (sleeping 4) are actually parts of one house separated by a lockable door, these units are rented out as one unit during the high seasons.
- However, during the low seasons, you can also book Units 2 and 3 separately.
In short, Pampoen can sleep 2, or 4, or 6, or 10 guests at a time.
There is a low fence along the pavement between the street and the premises. There is no lawn, but large areas of paving offer ample space for children to play safely.
Accommodation
See a more detailed description of the individual units below, each named with creative originality after some part of a pumpkin, namely the skin, a seed, as well as the stalk.
Pampoenskil (Unit 1 – Sleeps 4)
Pampoenskil (pumpkin skin) is a separate building at the back of the house, enjoying a private fire pit/braai surrounded by a huge area of paving for kids to play. There is also an outdoor shower for washing off sand from feet and swimsuits before entering the house.
It consists of an open-plan kitchenette, indoor braai/fireplace, along with a dining table and chairs. The kitchenette is equipped for self-catering, sporting a huge fridge-freezer combo and 2-plate gas stove among other things.
Next to this room, is a large room making provision in one corner for a lounge area, a TV and a fan. The other half of the room is a bedroom containing two ¾-size beds, while the second bedroom comes with a double bed.
Guests share the bathroom with shower, toilet and basin, which can conveniently be entered from either of the bedrooms.
Pampoenskil is ideal for a family with kids and you can book it on its own throughout the year, since it is a separate building.
Pampoenpit (Unit 2 – Sleeps 2)
Pampoenpit (pumpkin seed) is a small section of the house similar to a bachelor’s flat, separated from the rest by means of a locked door. The front entrance is from a private patio sporting a Weber braai. Behind the front door is an open-plan sitting/dining/kitchenette area where, among other items, you’ll find a TV, 1-plate gas stove and a bar fridge.
This area is partly separated from the bedroom area which offers a queen size bed, along with a washing machine and washing trough.
The bathroom comes with a shower, basin, and also a toilet.
You can book Pampoenpit on its own during the low season, however, during the high season the house is rented out in its entirety, sleeping 6 persons.
Pampoenstingel (Unit 3 – Sleeps 4)
Pampoenstingel (pumpkin stalk) is the larger section of the house, separated from the rest by means of a locked door. The front entrance is from a spacious patio sporting a built in braai place.
Step into the open-plan lounge/dining/kitchenette area where you will find items like a TV, comfortable chairs and a table. The kitchenette is equipped for self-catering with the necessary, including a large fridge-freezer combo and a one-plate gas stove.
An interesting feature is the clever usage of sliding doors. There are two bedrooms, one with a queen size bed, and the other offering two ¾-size beds. Guests share the bathroom which with a walk-in shower, basin as well as a toilet. Right outside the bathroom is a full-length mirror mounted on the wall.
You can book Pampoenstingel on its own during the low season, however, during the high season the house is rented out as a whole, sleeping 6 persons.
Facilities at Pampoen
- Bedlinen, along with other bedding
- No towels – please bring your own
- Clothes hangers
- Satellite TV with DStv Compact (Family pack)
- Kitchenette equipped for self-catering with kettle, toaster, microwave oven, cooking utensils, crockery, cutlery, fridge, gas plate, etc.
- Cleaning services can be arranged – for your own pocket, of course
- Laundry facilities – washing machine, outdoor washing line, folding drying rack
- Child friendly
- Camping cot, as well as a high chair available for babies
- No indoor smoking, please
- Private entrance to each unit
- 1 Indoor braai, 2 outdoor braais, as well as a Weber braai
- Parking on premises behind a locked gate
- No pets, please
- Please do not clean fish on the premises
- Parties and events are not allowed
- Payment method – EFT or cash
- Once off fee for cleaning after your stay – R150 per person older than 6 years
Pampoen – Selfsorg Akkommodasie in Stilbaai
Gemaklike vakansie- of naweekverblyf vir 2 tot 10 persone. Pampoen is nogal sentraal geleë naby verskeie noodsaaklikhede soos dokters, tandartse, restaurante, ‘n apteek, en selfs die rolbalbaan.
Stilbaai is ‘n baie gewilde seevakansiebestemming in Hessequa in die Wes-Kaapse Tuinroete in Suid-Afrika. Die Goukou-rivier vloei deur die dorp om uiteindelik in die Indiese Oseaan uit te mond. Met so baie water in die rondte, is Stilbaai natuurlik die droomvakansieplek vir elke watersportliefhebber. Om nie eens te praat van stappers, fietsryers, voëlkykers en historiese plekke nie. Of selfs aktiwiteite soos golf, tennis, rolbal en so meer. READ MORE
Oor Pampoen
As jy so met Kerkstraat afry, kyk uit vir die oulike oranje pampoenbrandwagte op die muur by die tuinhekkie. Jy sal ook die naam opmerk teen die muur agter die boom met die eienaardige krom stam en die pragtige klipwerk wat die vooraansig versier.
Pampoen bestaan uit drie selfsorgeenhede wat individueel geboek kan word. So ook kan twee eenhede gekombineer word, of al drie kan deur een groep geboek word.
- Wesende ‘n aparte gebou, kan Eenheid 1 (slaap 4) op sy eie bespreek word dwarsdeur die jaar.
- Omdat Eenheid 2 (slaap 2) en Eenheid 3 (slaap 4) basies dele van dieselfde huis is wat d.m.v. ‘n geslote deur geskei word, word hierdie eenhede slegs as geheel binne seisoentyd verhuur.
- Maar, buite seisoentyd kan Eenhede 2 en 3 ook apart geboek word.
So, Pampoen kan 2, of 4, of 6, of 10 persone op ‘n slag huisves.
Daar is ‘n lae heining aan die straatkant, geen grasperk nie, maar groot geplaveide gedeeltes waar kinders lekker veilig kan speel.
Akkommodasie
Sien ‘n meer gedetailleerde beskrywing van die individuele eenhede hieronder. Elkeen is met kreatiewe oorspronklikheid vernoem na so ‘n deeltjie van ‘n pampoen, naamlik die skil, die pit en die stingel.
Pampoenskil (Eenheid 1 – Slaap 4)
Pampoenskil is ‘n losstaande gebou agter die hoofhuis, met ‘n private vuurpit/braai en ‘n ruim geplaveerde area vir kinders om veilig te speel. Daar is ook so ‘n gerieflike buitestort waar seesand afgewas kan word.
Die eenheid bestaan uit ‘n oopplan kombuisie, binnebraaiplek, en so ook ‘n eettafel met stoele. Die kombuisie is toegerus vir selfsorg met al die nodige, waaronder ook ‘n yslike yskas/vrieskaskombinasie en ‘n tweeplaat gasstofie.
Langs hierdie vertrek is ‘n lang vertrek wat voorsiening maak in die een hoek vir ‘n sitkamertjie met ‘n TV en ‘n waaier. Die ander helfte van die vertrek vorm ‘n slaaparea met twee ¾-grootte beddens, terwyl daar in die tweede slaapkamer ‘n dubbelbed is.
Gaste deel die badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak wat tussen die twee slaapareas geleë is, so dit het twee ingange, een uit elke kamer.
Pampoenskil is ideaal vir ‘n gesin met kinders en kan op sy eie geboek word dwarsdeur die jaar, aangesien dit ‘n aparte gebou is.
Pampoenpit (Eenheid 2 – Slaap 2)
Pampoenpit is die kleiner gedeelte van die huis gelykstaande aan ‘n eenmanswoonstel. Dit word van die res van die huis geskei d.m.v. ‘n geslote deur.
Aan die voorkant is ‘n privaatstoepie met ‘n Weberbraai. Die voordeur maak oop in die oopplan sit-/eet-/kombuisgedeelte waar daar, o.a., ‘n TV, eenplaat gasstofie en so ‘n klein kroegyskassie is.
Hierdie vertrek is gedeeltelik afgeskei van die slaaparea waar daar ‘n koningingrootte bed en ‘n wasmasjien langs ‘n wastrog is.
Die badkamer kom met ‘n stort, wasbak en ook ‘n toilet.
Pampoenpit kan buite seisoentyd op sy eie geboek word, maar binne seisoentyd word die huis as geheel verhuur, so 6 persone kan gehuisves word.
Pampoenstingel (Eenheid 3 – Slaap 4)
Pampoenstingel is die groter gedeelte van die huis, geskei van die res d.m.v. ‘n geslote deur. Die vooringang is vanaf ‘n ruim stoep met ‘n ingeboude braaiplek.
Stap in die oopplan sit-/eet/kombuisarea waar jy, o.a., items sal vind soos ‘n TV, gemaklike stoele, ‘n tafel, en so meer. Die kombuisie is toegerus vir selfsorg met die nodige, insluitende ‘n groot yskas-vrieskaskombinasie en ‘n eenplaat gasstofie.
‘n Interessante eienskap is die slim gebruikmaking van skuifdeure. Daar is twee slaapvertrekke, een met ‘n koningingrootte bed en die ander met twee ¾-grootte beddens. Die enigste badkamer kom met ‘n instapstort, toilet en wasbak, en reg buite die badkamer is so ‘n lang spieël teen die muur gemonteer.
Pampoenstingel kan as eenheid geboek word buite seisoen, maar binne seisoen word die huis as geheel verhuur wat dan 6 persone kan huisves.
Fasiliteite by Pampoen
- Bedlinne, en so ook ander beddegoed
- Geen handdoeke, so bring asb. jou eie
- Klerehangers
- Satelliet TV met DStv Compact (Family pack)
- Klein kombuisie toegerus vir selfsorg met ‘n ketel, broodrooster, mikrogolf, gasplaat, kookware, messegoed, breekgoed, yskas, en so meer
- Skoonmaakdienste kan gereël word – koste vir jou sak
- Wasgoedgeriewe – wasmasjien, opvou droograk, wasgoedlyn buite
- Kinders welkom – kampbababedjie en eetstoeltjie beskikbaar
- Geen rokery binneshuis, asb.
- Privaat ingang tot elke eenheid
- 1 binnebraaiplek, 2 buitebraaiplekke, so ook ‘n Weberbraai
- Parkeerplek op die perseel agter ‘n toesluit hek
- Geen troeteldiere, asb.
- Moet asb. geen vis op die perseel skoonmaak nie
- Partytjies word nie toegelaat nie
- Betalings d.m.v. EFO (elektroniese fondsoorplasings) of kontant
- Daar is ‘n eenmalige skoonmaakfooi by vertrek – R150 per persoon ouer as 6 jaar