Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub
Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub
Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub
Die aktiewe Tuinbouklub in Stilbaai, Wes-Kaap nooi alle tuin- en plantliefhebbers en belangstellendes om aan te sluit by die Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub.
Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub het ongeveer 58 dames en mans as ingeskrewe lede. Ons vergader elke derde Dinsdag van die maand vanaf Januarie tot November aan huis van een van die lede. Ons poog om sprekers te nooi om ons toe te spreek of demonstrasies te hou oor onderwerpe rakende tuine of iets wat leersaam is.
Besoekers aan Stilbaai en voornemende lede is ook welkom by ons vergaderings.
Die klublede van Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub ondersteun mekaar deur lief en leed en leer mekaar ken oor ‘n koppie tee. Alle fondse wat ons deur die jaar insamel word vir liefdadigheid aangewend, soos bv. Huis Stilbaai en Jagersbosch.
Ons onderneem ongeveer drie toere per jaar na interessante plekke wat binne ‘n dagreis heen en terug moontlik is. Ons was onder andere by SOIL, die enigste Canola-aanleg in die land, asook ‘n varsblom-kwekery wat aan die groot kettingwinkelgroepe blomme lewer.
Met ons jaareindfunksies kry ons ‘n spreker, bv. Anna Cilliers, Didi Johnson en Mnr Davidson van Chelseafaam. Die dames doen moeite om die teetafels te dek en die fondse wat deur die kaartjieverkope ingesamel word, gaan aan Huis Stilbaai.
Busy Lizzie
Gardeners and lovers of plants in Still Bay, Western Cape please feel welcome to join the Busy Lizzie Home and Garden Club. We meet every third Tuesday of the months from January to November at someone’s house.
We organise several day tours annually to interesting places, e.g. SOIL – the only Canola Plant in the country, as well as a fresh-flower nursery which supplies flowers to the big chain stores.
All funds that we raise during the year, go to charity e.g. Huis Stilbaai (Old Age Home) and Jagersbosch.
Navrae:
Leonie de Koning: Sel: 082 840 9157
Christa Kunz: Sel: 082 921 0042; Tel: 028 754 2488
Helena le Roux: Sel: 082 890 3042; Tel: 028 754 1101
Maryna Huggett: Sel: 082 327 9595; Tel: 028 754 2497